CBC/Radio-Canada

Canadian Broadcasting Corporation
Société Radio-Canada

Tipe Crown corporation (staatsonderneming), openbare diens-uitsaaier
Gestig 2 November 1936 (radio)
6 September 1952 (televisie)
Hoofkantoor Ottawa, OntarioKanada
SleutelpersoneHubert T. Lacroix (voorsitter)
Gebied bedienKanada; terrestriële en kabelontvangs in Amerikaanse nedersettings langs die Kanadese grens; internasionale ontvangs per internet en Sirius-satellietradio
IndustrieUitsaaibedryf
ProdukteTelevisie, radio, aanlyn-dienste
MoedermaatskappyDie Kroon (staatsonderneming)
WebwerfCBC.ca
CBC/Radio-Canada

Die Canadian Broadcasting Corporation (CBC)/Radio-Canada is een van die wêreld se grootste openbare uitsaaikorporasies wat nasionale radio- en televisienetwerke vir Kanadese gehore in Engels en Frans bedryf. CBC/Radio-Canada saai daarnaas ook streeksgebonde radio- en televisieprogramme in albei amptelike tale uit, asook plaaslik vervaardigde programme in Engels en inheemse tale vir die bewoners van Kanada se verre Noorde. Programme word van byskrifte vir dowes voorsien.

Vir luisteraars in oorsese gebiede word veeltalige kortgolf-radioprogramme uitgesaai.

Vanweë sy status as crown corporation of nasionale openbare onderneming word byna sestig persent van die uitsaaier se begroting uit die federale staatskas befonds, terwyl die res van sy inkomste uit advertensies en verkope van programme aan buitelandse uitsaaiers gegenereer word. CBC/Radio-Canada is onafhanklik van die regering van die dag en net vir sy algemene gedrag aanspreeklik teenoor die federale parlement.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search